SWERWERSONGS MET PIETMAN GELDENHUYS EN ANNA DAVEL

SWERWERSONGS MET PIETMAN GELDENHUYS EN ANNA DAVEL

Pietman Geldenhuys en Anna Davel se paaie kruis al vir jare. Op verhoë waar klomp kunstenaars saam musiek maak, langs ‘n kuiervuur tydens ‘n feestelikheid, by troues van vriende, begrafnisse van musieklegendes en toekenningsgeleenthede waar hulle glase klink op wenners en verloorders en op die lewe.
Pietman het eens op ‘n tyd sy brood verdien as ‘n trekkerdrywer, verkoopsman, kelner en straatmusikant. Anna was ook ‘n kelner, het gewerk as ‘n kolligoperateur, verhoogbestuurder, eiendomsagent en was ‘n soldoedie vir 2 jaar. Dit skep die agtergrond vir baie interessante afdraaipaaie.
Dis tyd om die kampstoele uit te pak, ‘n vuurtjie te maak en die twee saam te gooi in ‘n heerlike mengelmoes van songs en stories oor ‘the road less travelled”. Die gehoor kan uitsien na Davel en Geldenhuys se oorspronklike Afrikaanse musiek, asook meer bekende musiek oor vêr plekke van o.a. John Denver , Billy Joel en The Fureys

Date

14 Feb 2025
Expired!

Time

8:30 pm - 10:00 pm

Labels

Cape Town,
Durbanville

Location

Die Boer
6 Chenoweth St, Durbanville, 7551
Website
http://www.dieboer.com/

Organizer

Die Boer
Die Boer
Phone
+27 21 979 1911
Email
navrae@dieboer.com
Website
http://www.dieboer.com/

0 Comments

Leave a Reply

Avatar placeholder

Your email address will not be published. Required fields are marked *

RSS
Follow by Email