Francois van Coke @ Die Boer

Francois van Coke @ Die Boer

Sluit aan by Francois van Coke vir ‘n intieme vertoning van akoestiese verwerkings van sy bekendste liedjies; vergesel met die stories oor hoe hierdie tunes lewe gekry het.
Francois word deur sy kitaarspeler, Richard Onraet, begelei terwyl hulle die liedjies opvoer wat hom beroemd gemaak het in sy 21-jaar lange loopbaan as voorsanger van Fokofpolisiekar, voorheen Van Coke Kartel en as bekroonde solo kunstenaar.
Gedurende die vertoning sal Francois sy gehoor vermaak met die agtergrond stories van tydlose treffers soos “Toe vind ek jou”, “Komma”, “Dagdrome in suburbia” en “Tot die son uitkom”.
Francois vertel: ‘’Die afgelope 21 jaar was daar vele toerbusse en vliegtuie, lang ure op die pad na êrens, laat-aand parties op nog meer laat-aand parties, baie vroeë oggende, eindlose-slapelose-nagte, baie bekende en ook onbekende gesigte, ou en nuwe vriendskappe, baie liefde en baie, baie musiek wat op klomp verskillende plekke geskryf is. Die mense wat daar was se herinneringe van die stories agter die tunes mag dalk van myne verskil. Maar wie sal ooit weet wie se weergawes reg is. Die details raak baie vinnig baie blurry… maar dis wat ek onthou.”

Date

28 Jan 2025
Expired!

Time

8:30 pm - 10:00 pm

Labels

Cape Town,
Durbanville

Location

Die Boer
6 Chenoweth St, Durbanville, 7551
Website
http://www.dieboer.com/

Organizer

Die Boer
Die Boer
Phone
+27 21 979 1911
Email
navrae@dieboer.com
Website
http://www.dieboer.com/

0 Comments

Leave a Reply

Avatar placeholder

Your email address will not be published. Required fields are marked *

RSS
Follow by Email