OMWENTELINGE ‘N PAPIERSPEL JANA CILLIERS_ KOOS KOMBUIS OMWENTELINGE ‘N PAPIERSPEL JANA CILLIERS_ KOOS KOMBUIS
NUUSFLITS!
Die Koelkamers-Teater is 5 jaar oud!
Kom klink ‘n glasie met Die Koelkamers-Teater om ons 5de Verjaarsdag te vier.
Om Die Koelkamers-Teater se 5de verjaarsdag te vier, bied ons met trots twee ikone op een verhoog aan.
Direk van die Woordfees kom Jana Cilliers en Koos Kombuis saam in die woord-en-musiekaanbieding Omwentelinge.
Dit is ’n ontmoeting tussen twee kunstenaars wie se woorde, musiek en lewensreise reeds vir geslagte lank ons siele aanraak. In Omwentelinge besin hulle oor die draaie van die lewe, die krag van taal en die musiek wat ons almal verbind.
Die resultaat is ’n intieme spel tussen woord, liriek en wysie; tussen herinnering en waarheid – ’n dans van gedagtes, herinneringe en melodieë.
Die woord omwentelinge is afgelei van die Latynse circumvolvo, wat verwys na ’n komplekse dans van kronkelende bewegings en patrone. Koos en Jana wonder soms waaroor daar nog geskryf kan word, of wat nog oor is om te sê. In hierdie produksie word hul eie werklikhede en gedagtepatrone blootgelê en ingekleur deur Koos se eiesoortige liedjies.
Omwentelinge is ’n papierspel op note – ’n gesprek tussen twee kreatiewe swerwers.
Teks en samestelling: Jana Cilliers
0 Comments