Nana & Friends met Johan Liebenberg & Petronel BaardNana & Friends met Johan Liebenberg & Petronel Baard

Nana & Friends met Johan Liebenberg & Petronel Baard

In 2023 het Petronel Baard en Johan Liebenberg kragte gesmee in ‘n pragtige enkelsnit “Mag jy” geskryf deur Helena Marais.
Op 22 Maart 2024 stel hulle die musiekvideo van dié snit, wat ‘n seënwens vir geliefdes uitspreek en intussen op meer as 30 radios se speellyste gelys is, vry.
Om dit te vier doen hul ‘n vertoning saam op publieke aanvraag en het besluit om ode te bring aan van hul grootste invloede.
Die tydlose Nana Mouskouri was vir Petronel met haar album “Die Heelal Draai” ‘n deurgaanse verwysing, maar sy is ook gekend vir haar oorspronklike musiek en samewerkings soos die met Helena Marais as skrywer. Vir Johan, gekend ook vir sy ongelooflike Neil Diamond vertonings, is daar ánder invloede, van Leonard Cohen tot Keith Urban asook oorspronklike musiek uit sy pen wat hy kom deel.
Dit is waaroor die twee gesels of moet ons sê Sing op kitaar en klavier, met “Nana & Friends”.
Pragtige liedjies soos “The first time ever I saw your face, “The White Rose of Athens”, “ “Bird on a wire”, “ To love somebody”, oorspronlike klanke en natuurlik hul enkelsnit, “Mag jy” is waarmee Johan Liebenberg en Petronel Baard gehore kom vermaak met hul eerste lewendige optrede saam.
Met Schalk Maas wat ook hul enkelsnit se produksie saam met David Cruickshank behartig het, op toonkrullekker mondfluitjie, bring hul ‘n gestroopte, innige vertoning vol seën.
“Nana & Friends” sal betower met twee baie sonderlinge stemme uit die Suid-Afrikaanse musiektoneel, want hul mag maar. 

Date

16 Apr 2024
Expired!

Time

8:30 pm - 10:00 pm

Labels

Cape Town,
Durbanville

Location

Die Boer
6 Chenoweth St, Durbanville, 7551
Website
http://www.dieboer.com/

Organizer

Die Boer
Die Boer
Phone
+27 21 979 1911
Email
navrae@dieboer.com
Website
http://www.dieboer.com/

0 Comments

Leave a Reply

Avatar placeholder

Your email address will not be published. Required fields are marked *

RSS
Follow by Email