FRIEDA VAN DEN HEEVER - met Mauritz Lotz (kitaar) @ Die Boer

FRIEDA VAN DEN HEEVER – met Mauritz Lotz (kitaar) @ Die Boer

“Wat Laurika Rauch in die sewentigs gedoen het – haar musiek was vir daardie generasie net so anders – dít doen Frieda van den Heever nou met Spoorsny, haar debuutalbum. Verkennend, vernuwend, vars. Dit het die gehore gaande.”
Hanlie Retief, Rapport
‘n Album wat jou op reis na binne neem, laat opkom vir asem en help met jou reis om die son, al is dit met geskroeide vlerke. Van den Heever skryf met al haar sintuie. Sy is een van die min mense wat aan skynbaar gewone woorde geestelike waarde kan gee. Of vir mense wat nie so diep wil delf nie, net die plesier verskaf om na lewenswyshede te luister. Sy vang gevoelens vas wat jy graag self sou wou verwoord, maar nie kan nie en daarom leen jy by wat sy sê. Die album is ‘n bron van ervarings van iemand wat weet wat dit is om te leef – liedjies met eerlikheid oor verlange, liefde, verlies, die lewe en die dood, en veral hoop.
Mariana Malan, Die Burger
Kom luister op 7 Februarie na die musiek van Spoorsny en meer. Frieda van den Heever gaan saam met die uitstekende Mauritz Lotz op die verhoog wees.

Date

07 Feb 2025
Expired!

Time

8:30 pm - 10:00 pm

Labels

Cape Town,
Durbanville

Location

Die Boer
6 Chenoweth St, Durbanville, 7551
Website
http://www.dieboer.com/

Organizer

Die Boer
Die Boer
Phone
+27 21 979 1911
Email
navrae@dieboer.com
Website
http://www.dieboer.com/

0 Comments

Leave a Reply

Avatar placeholder

Your email address will not be published. Required fields are marked *

RSS
Follow by Email