Vrou, Vrouer, Vrouste by die ATKV Bordienguis! Vrou, Vrouer, Vrouste by die ATKV Bordienguis!
Petronel Baard en Lidi de Waal bring ‘n unieke en hartroerende produksie na die verhoog met “Vrou, Vrouer, Vrouste”, ’n kragtige en kunsryke kombinasie van woordkuns, musiek en lewenservaring. Die produksie balanseer humor en emosie, en neem die gehoor op ’n reis vol lag, trane, hoop en selfontdekking.
Volgens Lidi self is dit “’n snaakse, sad, hopelose, hoopvolle woord-, kuns- en musiekreis na jou vredevolle self.” Die twee kunstenaars bied nie net vermaak nie, maar ook diep sielsinhoud en menslike insig in ’n formaat wat eg en treffend is.
“Vrou, Vrouer, Vrouste” – kom ontborstrok en kom wees deel van hierdie viering van vrouwees, kreatiwiteit en menslikheid.
Pizza en Wyn vanaf vyfuur, vertoning seweuur. Kaartjies R150 en besprekings by Jeanine by 061 156 5386.
Kuns en musiek te koop.
0 Comments